Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Kontrakteur uiteindelik aangestel vir berugte R30 na 11 maande

deel hierdie plasing

As gevolg van die haglike toestand van die R30 'doodpad' het byna 25 mense die afgelope maande hul lewens verloor. Hoewel Vrystaat Landbou (VL) die uiteindelike aanstelling van kontrakteurs (wat die R30 gaan herstel) verwelkom, kon baie lewens gered gewees het as die regering vroeër ingegryp het.

Kempen Nel, voorsitter van die infrastruktuur komitee van Vrystaat Landbou (VL), sê dit is kommerwekkend dat burgers se lewens in gevaar gestel word as gevolg van burokratiese rompslomp en gevolglike staatsverval.

Sedert Januarie 2022 se vloede is 'n deel van die R30 amptelik gesluit. Waarskuwingstekens en versperrings is egter gesteel en die pad is daagliks gebruik. Grondwalle is later oor die pad gegooi wat boere van graansilo's afgesny het. “Die paaiedepartement het wel later toestemming aan boere gegee om met hul trekkers en sleepwaens oor die walle te ry om hul produkte af te lewer.” sê Uys van Heerden van Allanridge Landbouvereniging.

Die R22 miljoen kontrak beoog om 'n 300m stuk pad op die R30 te herstel. Werk was veronderstel om vanaf 20 November te begin, maar dit blyk dat die pad in die hersteltydperk heeltemal gesluit sal moet word.  

VL is bekommerd oor die tydrowende proses om kontrakteurs aan te stel. Volgens dr. Jack Armour, kommersiële bestuurder vir VL, het 500 kontrakteurs aansoek gedoen vir al die padtenders wat deur die departement uitgereik is en elkeen moet fisies deur twee komitees goedgekeur word. Dit word verder bemoeilik deur omslagtige bemagtigingsvereistes wat in die verlede veroorsaak het dat kaderkontrakteurs, wat nie die werk kan doen nie, aangestel is.

“VL se standpunt bly dat ons sou verkies dat die strategies belangrike R30-pad van Virginia na Orkney deur SANRAL oorgeneem word, wat 'n baie beter rekord van instandhouding van paaie het as die provinsiale departement van paaie,” sê Armour.