
Entstoftekorte teen Slenkdalkoors, Bloutong en perdesiekte kan tot 'n krisis in die veeproduksiebedryf lei. Volgens Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), sukkel die landbousektor toenemend om betyds toegang tot voldoende entstowwe te kry.
“Die staat het tans 'n monopolie op die verskaffing van entstowwe, maar die regering faal om voldoende entstowwe betyds beskikbaar te stel. Gevolglik kan landbouprodusente nie behoorlik tred hou met hul inentingsprogramme nie”.
Volgens die Onderstepoort Biologiese Produkte (die staatsverskaffer van entstowwe) is die redes vir die groeiende tekort aan entstowwe toe te skryf aan: personeelstakings, beurtkrag en 'n fout in hul vriesdroër.
VL is van mening dat hierdie probleme by die OBP dui op bestuur- en vaardigheidstekorte. “Die enigste oplossing”, meen Wilken, “is dat die private sektor toegelaat moet word om kritieke entstowwe te vervaardig om ’n krisis in die produksie van vleis en diereprodukte te voorkom”.
“Dit is nie in nasionale belang dat die staat met 'n monopolie op die land se dieregesondheid toevertrou moet word nie. Die privaatsektor-laboratoriums het reeds kapasiteit en kundigheid en kan binnekort kritieke entstowwe produseer.”
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
4Plasings
162Plasings
12Plasings
9Plasings
Ⓒ 2025 Vrystaat Landbou Alle regte voorbehou | Webwerf deur Splinternuut