
Onwettige aktiwiteite en misdade wat die veiligheid van elke boer, hul gesinne en werkers wat naby die suidelike Lesothogrens-gebied geleë is nadelig raak, is tydens Vrystaat Landbou (VL) se besoek aan die gebied op 2 November 2022 bespreek. Opkomende sowel as kommersiële boere , wat deur oorgrensmisdadigheid geteiken word, het saam met amptenare van die SAPD, SANW en Grensbestuurowerheid (GBO) bygewoon.
Jakkals le Roux, voorsitter van VL se Landelike Veiligheidskomitee, sê die organisasie het reeds die afgelope 3-4 jaar verskeie versoeke aan die regering en LUR'e van Paaie, Vervoer en Polisie gerig om behulpsaam te wees om die 18-20km grenspad te rehabiliteer om dit begaanbaar te maak vir wetstoepassing om die nodige grensbeskerming te verskaf en ook voorkomende operasies van stapel te stuur. Die versoeke het geensins gerealiseer nie, en die aktiwiteite van die departement van openbare werke om 'n grenspad en heining op te rig, het geensins van die grond af gekom nie.
Boere in die Klaarwater/ Spring Valley/ Boesmanskop area, langs die Suidelike Lesothogrens, is verby moedeloos aangesien hierdie area 'n deurgangsroete vir vermoedelik gesteelde goedere en veral vee na Lesotho is. Die onbegaanbare grenspad waarop operasies en patrollies deur die SANW, SAPD, GBO en boere moet plaasvind, kan dus nie realiseer nie.
“Ons wil die lot van hierdie vergete gemeenskappe en die mislukking van die regering se grondwetlike verpligting teenoor landelike gebiede en boerderygemeenskappe beklemtoon.” sê le Roux.
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
11Plasings
169Plasings
12Plasings
12Plasings