
Die Vrystaat is in rou nadat twee boere binne 24 uur in die provinsie vermoor is.
Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se Landelike Veiligheidskomitee, het sy innige meegevoel met die naasbestaandes van Christian van Tonder (Lindley) en Johan Prinsloo (Koppies). Prinsloo se aanvaller is noodlottig deur die polisie gewond, terwyl daar glo nog geen verdagtes vir Van Tonder in hegtenis geneem is nie. “Enige moord is een te veel!” sê Le Roux.
Met die feestyd op hande, doen Le Roux 'n ernstige beroep op boere om uiters bedag te wees en seker te maak dat veiligheidsplanne in plek is. “Kriminele aktiwiteite neem ongelukkig hierdie tyd van die jaar toe en veral landbougemeenskappe moet baie bedag en oplettend wees vir enige verdagte persone of voertuie.”
Vrystaat Landbou herinner boere weereens aan die volgende aspekte om veiligheid gedurende die feestyd te verbeter:
Le Roux spreek sy dank uit teenoor die polisie wat, ondanks moeilike werksomstandighede, steeds daarna streef om landbougemeenskappe te ondersteun en by te staan.
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
11Plasings
1Plasings
171Plasings
13Plasings
12Plasings