Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Eiendomsregtestryd is nog nie verby nie

deel hierdie plasing

Danksy grootskaalse druk van die gemeenskap en burgerregte-organisasies kon die ANC nie vanmiddag Artikel 25 van die Grondwet verander nie.

Gevolg: 145 LP's het teen die wysiging gestem en 204 was voor. Daar was dus nie 'n tweederdemeerderheidsteun nie.

Dié sukses is te danke aan die duisende landsburgers wat onder andere Vrystaat Landbou (VL) se petisie teen die grondwetwysiging gesteun het.

VL het ten volle aan die openbare konsultasieproses deelgeneem en hierdie voorgestelde wysiging van Artikel 25 teengestaan deur ons lede en die publiek te mobiliseer om insette te lewer, deur skriftelike voorleggings sowel as voorlegging aan die parlement.

VL se standpunt bly staan dat die huidige artikel 25 van die Grondwet voldoende voorsiening maak vir grondhervorming, solank die staat die politieke wil het om implemente te dra. Dit is in nasionale belang en VL sal sy deel doen om die staat aanspreeklik te hou in die uitvoering van sy pligte.

Die stryd vir die behoud en uitbreiding van individuele eiendomsregte duur egter voort. Die volgende uitdaging is om die Onteieningswetsontwerp in sy huidige vorm ook te stop. As die wetsontwerp vroeg volgende jaar by die parlement ingedien word, sal slegs 'n meerderheidstem van 50% vereis word om die wetsontwerp in werking te stel.

Om jou ondersteuning vir FSA te wys, gaan na: https://vrystaatlandbou.co.za/stop-expropriation/