
“Selfverdediging word deur alle regstelsels erken. Waar 'n keuse gemaak moet word tussen die lewens van twee of meer mense, word die lewe van die onskuldige voorkeur bo die lewe van die aggressor gegee. Dit stem ooreen met artikel 33(1). Om die onskuldige persoon die reg te ontsê om uit selfverdediging op te tree, sou daardie individu sy of haar reg op lewe ontsê.”
Dié Konstitusionele Hof-uitspraak, deur oudhoofregter Chaskalson, vorm deel van Vrystaat Landbou (VL) se omvattende kommentaar op die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer, wat reeds ingedien is.
In sy kommentaar (aangeheg) voer VL aan dat die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer (die Wetsontwerp) sal:
Dit is die mening van Vrystaat Landbou dat hierdie wetsontwerp 'n ongeregverdigde poging is om die moeilikheid om 'n wettige vuurwapen te besit aansienlik vergroot en terselfdertyd 'n ontwapeningsagenda te dryf.
Die gebruik van onwettige vuurwapens deur misdadigers sal nie deur hierdie wetsontwerp opgelos word nie en die oënskynlike narratief dat wettige vuurwapens die olifant in die kamer is, is 'n totale wanvoorstelling. "Indien dit afgekondig word, sal die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer 'n veiliger omgewing verseker vir gewelddadige misdadigers om in te werk. Daarom kan hierdie wetsontwerp nie gesien word as enigiets anders as 'n aanval op die reg op lewe van wetsgehoorsame burgers nie", sê VL-president, Francois Wilken. .
Enigeen wat nog VL se veldtog teen die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer wil ondersteun, kan VL se webwerf besoek https://vrystaatlandbou.co.za/protect-your-right-to-self-defence/
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
11Plasings
169Plasings
12Plasings
12Plasings