Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Harde woorde tydens Vrystaat Landbou kongres

deel hierdie plasing

“Ons mag dalk op ’n paar tone trap, maar gegewe die tyd en omstandighede waarin die landbou hom tans bevind, kan dit nodig wees.” Dit is die mening van Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), oor kwessies wat dié organisasie binnekort op sy jaarkongres sal bespreek.

“Die meerderheid Suid-Afrikaners is moeg vir korrupsie, werkloosheid, armoede en intimidasie wat hoofsaaklik deur die elite veroorsaak word,” het Wilken gesê. “Dit is tyd dat ons almal saamstaan om ’n verskil te maak en op te staan vir ons grondwetlike regte.”

Vrystaat Landbou bied op 22 September ’n virtuele kongres aan waar gefokus sal word op hoe boere, maar ook lede van die publiek, hul toekoms in die land kan verseker. Temas wat aandag sal geniet is landelike veiligheid, eiendomsreg, rampe en infrastruktuur.

Wilken nooi alle boere, sowel as lede van die publiek, om op Woensdag, 22 September vanaf 10:00 by die virtuele geleentheid aan te sluit. Die skakel na die geleentheid is op VL se webwerf (www.vrystaatlandbou.co.za) en Facebook-blad beskikbaar.