Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Hennenman-protes – Misdaad beweeg na landelike gebiede

deel hierdie plasing

Vrystaat Landbou (VL) het sy dank uitgespreek teenoor die Hennenman Boerevereniging, die gemeenskap van Hennenman en omliggende dorpe en die publiek vir hul ondersteuning tydens die protesaksie teen plaasmoorde in Hennenman op Maandag 16 November. Die organisasie is oortuig daarvan dat die wyse waarop die protesaksie plaasgevind het, vertroue en steun vir die plaasmoordveldtog kry, gegewe die enorme hoeveelheid steun wat VL van die publiek ontvang. Die verdagtes het verkies om nie om borgtog aansoek te doen nie en bly in aanhouding. VL verwelkom ook die aanstelling van 'n span kundiges om plaasmoorde en -aanvalle in die Vrystaat te ondersoek.

Tommie Esterhuyse, visepresident van VL, het groot lof vir die boerevereniging en gemeenskap van Hennenman vir die wyse waarop die protesaksie hanteer is. “Daar was geen voorvalle van geweld nie, die terrein is skoon gelaat en almal het vreedsaam verdaag. Die bestelreëlings deur die boerevereniging het vlot verloop en VL is trots op die geleentheid. ” het Esterhuyse ná die dag gesê.

’n Petisie wat deur VL opgestel is waarin gevra word dat geen borgtog aan die verdagtes toegestaan word nie, is Maandag aan die staatsaanklaer oorhandig. Danksy druk van VL en die landbougemeenskap het die verdagtes verkies om nie om borgtog aansoek te doen nie. VL verwelkom die ontwikkeling, veral in die lig van die feit dat die beskuldigdes reeds met ander misdade in die gebied verbind word. Die organisasie verwelkom ook die aanstelling van ’n span kundiges om plaasmoorde en -aanvalle in die Vrystaat te ondersoek.

VL het 'n petisie geloods wat die publiek nooi om diegene te ondersteun wat borgtog teen plaasmoordbeskuldigdes teenstaan. Om VL met die petisie te ondersteun, kan 'n persoon eenvoudig sy naam SMS na 37846 / R1 (b & v's geld).

Bennie de Klerk, veiligheidskoördineerder in die Hennenman-omgewing, het aan VL genoem dat die Hills-moorde weereens die kwessie van jou eie veiligheid beklemtoon het. “Ons het besef ons moet met ander oë na ons eie veiligheidsituasie kyk. Daarom is die plaaswag in gesprek met die buurtwag om te kyk hoe ons kan saamwerk om die landelike gebied hier beter te beveilig. ” het die de Klerk gesê.

Esterhuyse ondersteun die idee en meen dit is tyd dat plaaswagte en buurtwagte nou saamwerk, veral aangesien dit duidelik is dat misdaadaktiwiteite toenemend van die stad na die landelike gebiede verskuif.

Media navrae:

Francois Wilken

President: Vrystaat Landbou

Kontak: 083 390 1831