
20 Augustus 2019
Wil jy weet hoe die markte in die nuwe seisoen kan lyk? Of wonder jy wat die weer gaan doen? Dan is die volgende landboumarkwerksessie in Bloemfontein, aangebied deur prof Johan Willemse, net vir jou.
Op die agenda by die kwartaallikse werkswinkel is markvooruitsigte vir die nuwe seisoen, asook klimaatsvooruitsigte. Johan van den Berg, landbouweerkenner van Sanlam Oesversekering, gaan sy kennis oor die klimaat deel, terwyl Willemse, ’n bekende landbou-ekonoom, onder meer makro-ekonomie, graan- en veemarkte sal bespreek.
Die geleentheid word op 30 Augustus 2019 by die Biker's Church in die Rosestad gehou en 'n ligte middagete sal ook voorsien word.
Besprekings moet teen Maandag 26 Augustus 2019 gemaak word. Voorafbesprekings is noodsaaklik.
Datum: 30 Augustus 2019
Ligging: Biker's Church (Tempe-lughawepad; verby Langenhovenpark)
Registrasie: 9:00 – 10:00
Tyd: 10:00 – 13:30
Prys: R300 per persoon
Sluitingsdatum: Bespreek teen 26 Augustus 2019
Voorafbespreking is noodsaaklik: Bespreek by marlene@jomar.co.za of 083 381 8011
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
11Plasings
169Plasings
12Plasings
12Plasings