
24 Oktober 2019
Is jy in die speenkalfbedryf of het jy raad nodig oor die bemarking van wol? Die volgende landboumarkwerksessie, aangebied deur prof Johan Willemse, in Bloemfontein sal vir jou die antwoorde gee.
Benewens insiggewende markvooruitsigte wat op die agenda by die kwartaallikse werkswinkel is, is die fokus ook op bogenoemde aspekte wat jou kan help om jou boerderypraktyke beter te bestuur. Estelle van Reenen van Sparta Beef en Gawie van Heerden van Konsortium Merino gaan hul kennis oor onderskeidelik die speenkalfbedryf en wolbemarking deel.
Die geleentheid word op 1 November 2019 by Biker's Church in die Rosestad gehou en 'n ligte middagete sal ook voorsien word.
Willemse, 'n bekende landbou-ekonoom, sal onder meer makro-ekonomie, graan- en veemarkte bespreek.
Besprekings moet teen Maandag 28 Oktober 2019 gemaak word. Voorafbesprekings is noodsaaklik.
Klik hier vir die volledige uitnodiging.
Datum: 1 November 2019
Plek: Biker's Church (Tempe Lughaweweg; verby Langenhovenpark)
Registrasie: 9:00 – 10:00
Tyd: 10:00 – 13:30
Prys: R300 per persoon
Sluitingsdatum: Bespreek teen 28 Oktober 2019
Voorafbespreking noodsaaklik: Bespreek by marlene@jomar.co.za of 083 381 8011
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
4Plasings
160Plasings
10Plasings
5Plasings
Ⓒ 2025 Vrystaat Landbou Alle regte voorbehou | Webwerf deur Splinternuut