Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Alternatiewe energie op agenda by werkswinkel

deel hierdie plasing

Alternatiewe energie is een van die onderwerpe wat by prof Johan Willemse se kwartaallikse landboumarkwerksessie in Bloemfontein bespreek sal word.

Dr Phillip Olivier is 'n gasspreker en sal op 3 Mei 2019 hieroor praat en lig werp op wanneer sonenergie werklik vrugte afwerp. Prof Willemse, 'n bekende landbou-ekonoom, se werksessies handel oor landboumarkvooruitsigte en word by die Biker's Church in die Rosestad gehou.

Willemse sal die makro-ekonomie, graanmarkte en hernubare energie, asook veemarkvooruitsigte, by sy tweede werkswinkel in 2019 bespreek.

'n Ligte middagete word ook voorsien. Besprekings moet teen Maandag 29 April 2019 gemaak word. Voorafbespreking is noodsaaklik.

Datum: 3 Mei 2019

Ligging: Biker's Church (Tempe-lughawepad; verby Langenhovenpark)

Registrasie: 09:00 – 10:00

Tyd: 10:00 – 13:30

Prys: R300 per persoon

Sluitingsdatum: Bespreek teen 29 April 2019

Voorafbespreking is noodsaaklik: Bespreek by marlene@jomar.co.za of 083 381 8011