Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Brande verswelg suidwestelike dele van Vrystaat

deel hierdie plasing

Vrystaat Landbou (VL) bevestig dat boere en die Brandbeskermingsvereniging-strukture deur die nag (12 Julie 2021) brande bestry het ná 'n dag van koue en winde van tot 70 km/h. Die meeste van hierdie brande was in die Suidwes-Vrystaat, in die Xhariep-distrik, met die grootste wat naby Edenburg ontstaan het en tot oor die N1 naby Tierpoort gebrand het, sê dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van VL.

Volgens Johann Breytenbach van die Mangaung Sambreel Brandbeskermingsvereniging (MUFPA), “het die hoofbrand gedek en gebied van meer as 62 km lank met 'n brandfront van tot 50 km breed. Aktiewe brande brand steeds van Edenburg tot Tierpoort op die N1.” Breytenbach rapporteer vee- en wildverliese en strukture wat in die brand verswelg geraak het, maar hulle is steeds nie seker van die omvang van die skade nie. Hy verwag dat brande later in die dag bedwing sal word aangesien winde gaan lê en meer hulpbronne inkom.

Armour sê iemand wat die geaffekteerde boere wil bystaan, kan dit doen deur VL se webwerf te besoek https://vrystaatlandbou.co.za/fire-disaster-fund/

Alternatiewelik kan finansiële bydraes gemaak word aan Vrystaat Landbou, ABSA, Rekening nr: 470940670, Tak: 632005 met verwysing “FIRES” + selnommer.