Meer oor ons

Vrystaat Landbou (VL) is ʼn nie-winsgewende, vrywillige lede organisasie vir kommersiële boere in die Vrystaat-provinsie en is in 1904 gestig.

Die organisasie bestaan uit 'n gevestigde struktuur wat lede bystaan en na hul gemeenskaplike belange omsien. Drieduisend (3000) lede word binne 148 boereverenigings in die 20 munisipale distrikte van die Vrystaat geakkommodeer. Vrystaat Landbou se lede bepaal die organisasie se oorhoofse bestuur en strategiese rigting. Personeellede, met die kantoor in Bloemfontein, ondersteun lede en bestuur hoofsaaklik in 'n uitvoerende hoedanigheid. Tans dien 115 lede op VL se strategiese werkareas (komitees.)

Die hoogste gesag van Vrystaat Landbou is in die jaarlikse Kongres gesetel. Die uitvoerende bestuur word by die Kongres verkies en dit bestaan uit die President, Vise-President en streeksverteenwoordigers uit al 20 munisipale streke. Die uitvoerende bestuur sluit ook verteenwoordigers van verskeie geaffilieerde landboubesighede en -bedrywe in.

Vrystaat Landbou het ten doel om beleid en beleidmakers binne die gegewe politieke stelsel so te beïnvloed dat 'n funksionele landbou-omgewing daargestel kan word. Die hoofdoelwitte, wat fokus op 'n veilige en volhoubare landbou-omgewing in die Vrystaat, bly die dryfveer agter die organisasie.

Lede (boere) van Vrystaat Landbou het bepaal dat, indien die organisasie op die volgende strategiese gebiede fokus, ons ʼn funksionele landbou-omgewing sal kan vestig:

  • Labour, Human Resources & Socio Economic Factors/issues

    Arbeid, Menslike Hulpbronne en Sosio-ekonomiese faktore/kwessies

  • Farming Management

    Plaasbestuur

  • Land Reform And Transformation (Land Reform, Farmer Development)

    Landelike ontwikkeling (grondhervorming; boere-ontwikkeling)

  • Rural Safety (Law And Order)

    Landelike Veiligheid (Wet en Orde)

  • Natural Resources (Disasters & Emergency Relief; Mining & Minerals; Irrigation And Water Affairs)

    Natuurlike Hulpbronne (Rampe en Noodverligting; Mynbou en Minerale; Besproeiing en Watersake)

  • Rural & Local Government Issues

    Landelike en Plaaslike regering aangeleenthede

  • Infrastructure (Roads & Licences;  Telecommunications; Energy)

    Infrastruktuur (Paaie en Lisensies; Telekommunikasie; Energie)

  • Corporate Image And Technology

    Korporatiewe beeld en bemarking

  • Young Farmers

    Jong boere

  • Membership Issues

    Lidmaatskapaangeleenthede

  • To improve safety on farms.

    Om veiligheid op plase te verbeter

  • To inform, train and advise members on labour issues (minimum wages, workers contracts, etc.).

    Om lede in te lig, op te lei en advies te gee oor arbeidskwessies (minimum lone, werkerskontrakte, ens)

  • To support farming management by regularly keeping you informed about market trends, risks, opportunities & risks in the industry.

    Om plaasbestuur te ondersteun deur u gereeld op hoogte te hou van marktendense, -risiko’s, en -geleenthede in die bedryf

  • To be continually involved with rural and local government in the context of rural development.

    Om voortdurend betrokke te wees by landelike en plaaslike regering in die konteks van landelike ontwikkeling

  • To investigate the risks that mining and mineral rights could have for the agriculture industry.

    Om die risiko te ondersoek wat myn- en mineraalregte vir die landboubedryf kan inhou

  • To support young farmers and incorporating them within the community of organised agriculture.

    Om jong boere te ondersteun en in te sluit by die gemeenskap van georganiseerde landbou

  • To improve infrastructure (roads & licenses, telecommunication and energy) in rural areas to promote agriculture.

    Om infrastruktuur (paaie en lisensies, telekommunikasie en energie) in landelike gebiede te verbeter ten einde landbou te bevorder

  • To assist members strategically to reduce risks in terms of disaster management and emergency aid by managing it organised within structures.

    Om lede te help om risiko strategies te verminder in terme van rampbestuur en noodbystand deur dit op georganiseerde wyse binne strukture te bestuur

  •   To improve communication within rural areas by making technology more accessible and affordable for farmers.

    Om kommunikasie in landelike gebiede te verbeter deur tegnologie vir boere meer toeganklik en bekostigbaar te maak

  • To assist with social economic development of rural communities.

    Om te help met sosio-ekonomiese ontwikkeling van landelike gemeenskappe

  • Promote meaningful individual land ownership and inclusion through economic growth.

    Om betekenisvolle individuele grondeienaarskap en insluiting deur ekonomiese groei te bevorder

  • To promote the image of the organisation by: liaison with members about agriculture issues during annual regional meetings; to culminate all activities of Free State Agriculture in the Annual Congress; to regularly share valuable information in terms of the agriculture industry by means of the website, e-newsletter, etc.

    Om die beeld van die organisasie te bevorder deur: skakeling met lede oor landboukwessies tydens jaarlikse streekvergaderings; om alle aktiwiteite van Vrystaat Landbou in die Jaarkongres te kulmineer; om gereeld waardevolle inligting in terme van die landboubedryf te deel deur middel van die webwerf, e-nuusbrief, ens.

  • .

Vrystaat Landbou 2023 Kongres
Ongeag
Vrystaat Landbou 2022 Kongres

/*! elementor - v3.21.0 - 25-04-2024 */ .elementor-widget-video .elementor-widget-houer{overflow:hidden;transform:translateZ(0)}.elementor-widget-video .elementor-wrapper{aspect- ratio:var(--video-aspect-ratio)}.elementor-widget-video .elementor-wrapper iframe,.elementor-widget-video .elementor-wrapper video{height:100%;width:100%;display:flex;border :geen;agtergrondkleur:#000}@ondersteun nie (aspekverhouding:1/1){.elementor-widget-video .elementor-wrapper{posisie:relatief;oorloop:verborge;hoogte:0;padding-bottom:calc (100% / var(--video-aspect-ratio))}.elementor-widget-video .elementor-wrapper iframe,.elementor-widget-video .elementor-wrapper video{posisie:absolute;top:0;regs:0 ;bottom:0;left:0}}.elementor-widget-video .elementor-open-inline .elementor-custom-embed-image-overlay{position:absolute;top:0;right:0;bottom:0;left :0;background-size:cover;background-position:50%}.elementor-widget-video .elementor-custom-embed-image-overlay{cursor:pointer;text-align:center}.elementor-widget-video .elementor -custom-embed-image-overlay:hover .elementor-custom-embed-play i{opacity:1}.elementor-widget-video .elementor-custom-embed-image-overlay img{display:block;width:100%; aspekverhouding:var(--video-aspekverhouding);-o-objekpas:omslag;objekpas:omslag;-o-objekposisie:middelsentrum;objekposisie:middelsentrum}@ondersteun nie (aspekverhouding:1/1){.elementor-widget-video .elementor-custom-embed-image-overlay{position:relative;overflow:hidden;height:0;padding-bottom:calc(100% / var(- -video-aspek-verhouding))}.elementor-widget-video .elementor-custom-embed-image-overlay img{posisie:absolute;top:0;regs:0;bottom:0;left:0}}.elementor -widget-video .e-hosted-video .elementor-video{-o-object-fit:cover;object-fit:cover}.e-con-inner>.elementor-widget-video,.e-con>. elementor-widget-video{width:var(--container-widget-width);--flex-grow:var(--container-widget-flex-grow)}

Ons het gefokus op hoe jy jou toekoms in die landbou kan verseker. Sake wat bespreek is, was landelike veiligheid, eiendomsreg, rampbestuur en infrastruktuur.

Kongres 2021
Vrystaat Landbou het op 22 September 'n virtuele kongres aangebied.

Ons het gefokus op hoe jy jou toekoms in die landbou kan verseker. Sake wat bespreek is, was landelike veiligheid, eiendomsreg, rampbestuur en infrastruktuur.

Kongres 2019
Raak betrokke en vat hande om die uitdagings te oorkom.

Raak betrokke en vat hande om die uitdagings te oorkom. Dit was die pleidooi van Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), aan boere en die sektor by VL se jaarlikse kongres van 2019.

"As ons in die landbou nie besef dat ons moet saamstaan nie, wag 'n groot verrassing op ons," het hy gesê. "Gaan ons terugsit en hoop iemand gaan probleme namens ons aanspreek of sal ons konstruktief deel wees van moontlike oplossings?"

Wilken het 'n beroep op boere gedoen om na te dink oor hul rol in die georganiseerde landbou. Die tema van VL se kongres, wat op 7 en 8 Augustus 2019 in Bloemfontein plaasgevind het, was Wat is my rol as lid van Vrystaat Landbou?

Klik hieronder om notas/aanbiedings van die sprekers af te laai:

Klik hieronder om video's van die toesprake te kyk:

Besoek Vrystaat Landbou se Facebook-blad of kyk na die toesprake op YouTube. Die toesprake van Wilken, Brand en Cronje kan hier gesien word.

Klik hieronder om 2019 Kongresboek te sien:

Vir elke jaarlikse kongres word ’n kongresboek – wat ’n opsomming is van waarmee Vrystaat Landbou (VL) die afgelope jaar besig was – gepubliseer en elke bywoner ontvang ’n eksemplaar. Dit sluit boodskappe van lede van die bestuur, verslae uit die verskillende streke in die Vrystaat en VL se komiteeverslae in.

Klik hieronder om 'n opsomming van die kongres af te laai:

Kongres 2018
'n Waterskeidingskongres. Seker die belangrikste in die geskiedenis van landbou in Suid-Afrika en die Vrystaat.

Só het Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), sy organisasie se jaarkongres beskryf.

Volgens Wilken “is daar nêrens in die wêreld waar boere onder dieselfde druk as Suid-Afrikaanse boere moet boer nie”.

Meer as 250 gaste het die kongres, waar grondonteiening sonder vergoeding hoog op die agenda was, op 15 en 16 Augustus 2018 in Bloemfontein bygewoon. Die tema was Terug na Ons Lede en boere het die geleentheid gehad om hul bekommernisse met VL te deel en te debatteer.

Verskeie bekende mense soos dr John Purchase, Hoof Uitvoerende Beampte van Agbiz, Theo Venter, Politieke Ontleder by die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit, Ivor Price, TV-aanbieder, Dan Kriek, President van Agri SA, en Andries Vermeulen, storieverteller, was van die sprekers.

Aanbiedings/notas van gassprekers:

Besoek ons Facebook-blad hier om na hierdie toesprake te kyk, asook ander deur verskeie sprekers.

Dit sluit toesprake in deur Wilken, Vermeulen, Kriek, Henk Vermeulen, voormalige Hoof Uitvoerende Beampte van VL, Theo Oosthuizen, stigter en direkteur van Salvo Capital, en André Venter, voormalige Springbok-flank.

Terugvoer van werkswinkels:

Opsomming van kongres: