Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Nuwe Wetsontwerp op Onteiening skend eiendomsreg

deel hierdie plasing

Die nuut voorgestelde Onteieningswetsontwerp teiken alle bates van alle burgers. Dit was die boodskap wat Vrystaat Landbou (VL) vandag, tydens 'n mediakonferensie oor die voorgestelde Onteieningswetsontwerp, oorgedra het.

Vrystaat Landbou het tydens hul mediakonferensie 'n verslag uitgereik waarin die organisasie die gevare van die voorgestelde Wysigingswet op Onteiening uitwys. “Ongelukkig het ons in Suid-Afrika nie die sekerheid dat die regering daartoe verbind is om fundamentele ekonomiese boustene te verskans nie. Die mees onlangse voorbeeld hiervan is die voorgestelde Onteieningswetsontwerp.” sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou.

“In die algemene diskoers word verkeerdelik aanvaar dat slegs landbougrond die teiken van onteiening sonder vergoeding is. Hierdie wet is egter nie net ’n aanval op boere en grondeienaars nie, maar ’n aanval op elke individu se eiendomsreg.” Wilken gesê.

Dr Jack Armour, VL-bedryfsbestuurder en Annelize Crosby, Agri SA hoof van Grondsake, het tydens die mediakonferensie die grootste probleme met die Onteieningswetsontwerp uitgelig. Dit sluit in:

1. die verklaarde doel van die Onteieningswet, naamlik herverdeling;

2. die rede vir onteiening naamlik openbare belang (wat nie wyd omskryf word nie);

3. dat die wet onteiening sonder vergoeding (EWK) toelaat;

4. dat die wet breë algemene kategorieë daarstel waarbinne EWK kan plaasvind en,

5. dat alle bates deur hierdie wetgewing geteiken kan word.

“Hierdie wet moet gestop word en daarom is openbare opposisie in hierdie proses uiters belangrik vir VL,” sê Wilken. “Burgers moet besef dat as een persoon se eiendomsreg deur die staat geteiken kan word, is almal se eiendomsreg in gedrang. Daarom beoog Vrystaat Landbou om so wyd as moontlik steun teen hierdie wysigingswet te mobiliseer. Onteiening sonder vergoeding is 'n maak of breek ding nie net vir boere nie, maar ook vir die land en al haar mense.”

Media navrae:
Francois Wilken
President: Vrystaat Landbou
083 390 1831

Dr Jack Armour
Bedryfsbestuurder: Vrystaat Landbou
071 672 0271