Nuus
deel hierdie plasing
Facebook
Linkedin
Twitter
WhatsApp
Telegram
Facebook
Moeg vir swak diens en vervalle paaie!
Dit is hoekom boere in die Allanridge-omgewing vanoggend, 10 Mei 2022, die S-86 met bakkies en sleepwaens versper het om hul misnoeë met die Departement van Paaie te demonstreer weens die departement se onvermoë om die R-30 te herstel.
Die R-30-pad naby Allanridge, wat reeds as die “pad van die dood” bekend staan, is vir ’n geruime tyd uiters gevaarlik nadat bogemiddelde reënval in Januarie en Februarie voorgekom het en die pad onbegaanbaar gemaak het.
“Die verkeer van die R-30 word nou op die S-86 gedwing en dit hou ’n gevaar in vir nie net die publiek nie, maar ook die boere en hul werkers.” sê Rudi Jansen van Vuuren, 'n boer van die omgewing.
“Dit is strooptyd en trekkers en stropers beweeg op die pad. Sekere motoriste bestuur baie onverskillig en ons wil keer dat iemand seerkry. Dit maak ook nie sin dat die departement mense op ’n 18 km-ompadroete dwing terwyl hulle net 400 m (op die R-30) moet herstel nie. ”
Intussen sê dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou (VL), dat die organisasie al geruime tyd probeer om met die Vrystaatse Premier oor die paaiekwessie in die provinsie te vergader, maar dat geen reaksie of terugvoer ontvang is nie. .
Onlangse Nuus
Veldtogte
8Plasings
Ekonomiese verslae - 2019
4Plasings
Mediavrystellings - 2020
11Plasings
Mediavrystellings – 2019
9Plasings
Mediavrystellings 2021
68Plasings
Mediavrystellings 2022
31Plasings
Mediavrystellings 2023
16Plasings
Mediavrystellings 2024
18Plasings
Nuus
154Plasings
Nuusbriewe
5Plasings
Ongekategoriseer
5Plasings
Bly op datum met Vrystaat Landbou
SLUIT AAN BY ONS NUUSBRIEF
Ons borge
Ⓒ 2025 Vrystaat Landbou Alle regte voorbehou | Webwerf deur Splinternuut